(met vae apologie aan ee cummings)
afrikaners is geniepsig en eie wys
hulle glo in christus en totius
(net een leef steeds)
op sondag blink die braaivleis tange
en klap die bottels teen hul tonge
ten minste verkeer hulle vreedsaam
voor die vleis met ertappels en rys
more vlug hulle werk toe op die N1
om iets te verkoop ('n arm of 'n been?)
sodat hulle mag hoop (lotto kaartjie of reen?)
afrikaners is al te gemeen
hulle roep klein groepies byeen
(al leef slegs een)
om die derde mag te bejeen
of te gons oor finansiele droogte (en die reen)
--
Afrikaners are not known for their tendency toward self deprecation.
Wednesday, December 30, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment