Thursday, December 17, 2009

Die Bloeisel (na The Flower van Roy Campbell)

Laat geen mak woord jou swye skend
uiter slegs een rooi vlam
tussen begeerte oud en nuut
'n enkel punt van vuur
die aarsel van 'n ster
tussen skemer en die dag

So ryk die stuifmeel van jou asem
genoeg is dit om stom te wees
wetend soos die oomblik glip
met die skei van ons lippe:
die uur fel 'n roos wat sterwend
al ons dae sal kleur

No comments:

Post a Comment